Die Visie

twr360

TWR360 breek deur taal- en toegangshindernisse sodat verbruikers 'n wye reeks Christelike digitale hulpbronne en Bybelse lering kan aflaai, stroom vanaf die Internet, en lees, om in hulle geloof en wandel mer Christus te groei.

Die Missie

TWR360 fokus op Web- en selfoontoepassings om sodoende TWR360 se mediabeniening uit te brei en die Kerk te ondersteun met uitdra van Christus se Groot Opdrag:

  • Deur enige persoon op enige plek enige tyd in staat te stel om toegang te verkry deur 'n rekenaar of 'n slimfoon tot 'n wye reeks Christelike digitale hulpbronne en Bybelse lering in hulle eie taal.
  • Christelike kommunikeerders word voorsien met 'n geïntegreerde, multifunksionele platform vir die verspreiding van hul materiaal naas ander bedienings, groot en klein.
  • Dien as 'n sentrale plek waar die massiewe en groeiende katalogus van die TWR360 in samewerking met radio-uitsendings beskikbaar kan wees, maar vry van tyd en plekbeperkings.

Aangaande TWR

TWR spreek in meer as 230 tale en dialekte en is geroep om die wëreld vir Jesus Christus te bereik. Ons wëreldwye media-uitreik spreek tot miljoene mense in meer as 160 lande met Bybelse waarhede. Vir byna 60 jaar het die Here TWR in staat gestel om mense te lei van twyfel na besluitneming na dissipelskap.

Saam met internasionale vennote, plaaslike gemeentes en ander bedieninge, verskaf TWR relevante programmatuur, dissipelskap hulpbronne en toegewyde werkers om hoop te bied aan enkelinge en gemeenskappe dwarsoor die wêreld. Of TWR nou gebruik maak van hoë-krag AM/MG senders, kortgolf of FM radio, klankstroming na Internetgebruikers of om van aangesig tot aangesig met luisteraars te spreek, laat TWR 'n blywende geestelike indruk.

E-pos aangeteken

Sign up for the TWR360 Newsletter

Access updates, news, Biblical teaching and inspirational messages from powerful Christian voices.

Thank you for signing up to receive updates from TWR360.

Vverwagte inligting nie voldoende

This site is protected by reCAPTCHA, and the Google Privacy Policy & Terms of Use apply.